Local news

Ermelo-dogter (8) geniet die lewe voluit na stryd teen kanker

Die werklikheid hiervan was vir haar baie erg, maar vandag spog sy weer met ’n pragtige bos blonde hare.

ERMELO – Die agtjarige Luca Jacobs is vanjaar al sowat vier jaar in remissie sedert sy in 2019 met fase twee limfoomkanker, klierkanker, gediagnoseer is. Sy lewe nou elke dag voluit.

Haar ma, Charlene, het gesê hulle staan in verwondering met hoe ver haar dogter gevorder het. Sy is ’n lewenslustige en vrolike kind en is nie bang vir uitdagings nie.

“Haar broer, Sias, het op skool rugby gespeel en Luca was mal daaroor om te gaan kyk as hy speel. Sedert sy in die skool is, wil sy ook net rugby speel soos haar boetie,” het Charlene skertsend vertel.

Kort nadat Luca haar eerste chemobehandeling ondergaan het, het haar hare begin uitval en hulle het besluit om alles af te sny.

Luca Jacobs geniet balletklasse.

Die werklikheid hiervan was vir haar baie erg, maar vandag spog sy weer met ’n pragtige bos blonde hare.

 

Luca neem graag aan alle sportsoorte by die skool deel, en geniet ook ballet en tennis.

Luca Jacobs is mal oor haar blonde lokke.Sy sal oor ’n maand haar negende verjaarsdag vier, en haar ouers is dankbaar vir elke dag en jaar wat hulle die pragtige kind se lewe kan vier.

Charlene sê hulle het ’n jaar gelede groot geskrik toe Luca begin kla het van erge pyne in haar bene.

Verdere toetse en ’n CT-skandering het egter die gesin gerusgestel dat die kanker nie teruggekeer het nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button