Local news

Tuinbouklub kuier by Ouma Rooi se koeksisterfabriek in Ermelo

Kort na sy dié kompetisie gewen het, het Swanepoel haar onderneming geopen, toegerus met alles wat sy benodig het.

ERMELO – Die vroue van die Tuinbouklub het op 1 Maart ’n byeenkoms by die nuwe Ouma Rooi Koeksisters-fabriek geniet.

Elmarie Cilliers, die klubvoorsitter, het die vroue verwelkom en die dag met gebed geopen, voor Gerda Swanepoel, die gesig agter Ouma Rooi, haar verhaal gedeel het.

Sy sê Ouma Rooi het reeds 100 jaar gelede ontstaan. “Ek lyk dalk nie so oud nie, maar op 16 Mei 1923 is Ouma Rooi, my ma, gebore, en dis waar ons storie ontstaan het.”

Swanepoel sê sy en haar gesin het hulle later in Ermelo kom vestig, waar sy koeksisters wat haar ma gebak het, by ’n kerkbasaar gehad het.

’n Span van Ouma Rooi aan die bak.

Een van die tannies het haar genader en gesê dat sy dié koeksisters in Tuiskoop moet verkoop.

Haar probleem was egter dat sy nie koeksisters kon bak nie. Haar ma het haar toe touwys gemaak en al die geheime van koeksisters bak met haar gedeel.

Kort daarna het sy aansoek gedoen om ’n lid by Tuiskoop te word. Sy en een van haar vriendinne, Marietha Mentz, is in dieselfde tyd lidmaatskap toegeken.

Dit het nie altyd maklik gegaan nie. Daar was tye wat Swanepoel gevoel het dat sy gaan opgee, maar met die hulp van haar vriendin het sy aangehou.

Gerda Swanepoel vergesel die vroue op ’n toer deur die fabriek.

Sy het later begin om verskeie ander items, soos rolkoeke, beskuit en vleispasteitjies, ook aan die tuisnywerheid te lewer.

In 2013 skryf Swanepoel in vir die Huletts-koeksisterkompetisie in Mbombela, waar sy tweede ëindig. Met ’n seer hart is sy huis toe, maar skraap sy darem die volgende jaar moed bymekaar om weer in te skryf.

Sy is in 2014, tydens Innibos as Huletts se koeksisterkampioen gekroon.

Ralda Basson, Elmarie Celliers en Maria Zondo.

Kort na sy dié kompetisie gewen het, het Swanepoel haar onderneming geopen, toegerus met alles wat sy benodig het.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button