Local news

Sprankelende rooikopseun (11) van Ermelo sterf weens geknoopte derm

Cornelius is op 22 Augustus 2011 in die Ermelo Provinsiale Hospitaal gebore en was by Laerskool Breyten op skool.

ERMELO – ‘n Sprankelende 11-jarige rooikopseun van Breyten, Cornelius Botha, is skielik op 27 Februarie in die Ermelo Provinsiale Hospitaal oorlede.

Volgens sy ma, Venessa, is haar seun die vorige dag om 23:00 in die hospitaal opgeneem nadat hulle vir sowat ses uur in die ongevalle-eenheid gewag het.

“Geen diagnose is gemaak nie, maar volgens die nadoodse ondersoek het ‘n geknoopte derm sy dood veroorsaak,” het Venessa gesê.

Cornelius is op 22 Augustus 2011 in die Ermelo Provinsiale Hospitaal gebore en was by Laerskool Breyten op skool.

Cornelius Botha.

Sy ma het hom beskryf as ‘n seun wat altyd gelag het en voluit gelewe het.

‘n Roudiens is op 7 Maart in die NG Kerk Breyten vir Cornelius gehou.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button