Local news

Seun van Hoërskool Ermelo herstel na sleutelbeen-breek

Die Van Schalkwyk-gesin is dankbaar vir gemeenskap se bydra tot André se mediese uitgawes.

ERMELO – Die 17-jarige rugbyspeler van Hoërskool Ermelo, André van Schalkwyk, wat op Saterdag 11 Maart tydens ‘n rugbywedstryd in Kroonstad sy sleutelbeen gebreek het, sterk nou by die huis aan ná sy operasie.

Sy ma, Lenie, sê hulle is dankbaar vir elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het om dit moontlik te maak.

André het op 23 Maart die operasie om sy sleutelbeen te herstel in die Witbank Privaat Hospitaal ondergaan.

“Dit gaan baie goed met hom. Hy is maar net baie verveeld by die huis, veral as die krag so af is,” het Lenie gesê.

André het tydens ‘n rugbywedstryd vir sy skool se tweede span teen Hoërskool Kroonstad, sy sleutelbeen na ‘n duikslag gebreek. Hy is dadelik na die noodeenheid geneem, waar X-strale die breuk bevestig het.

Op pad hospitaal toe het André se ouers hom meegedeel dat hul mediese fonds, waarvoor hulle onlangs aansoek gedoen het, eers van 1 April van krag sal wees.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button