Bekende Ermelo-sakeman opgeneem in hospitaal na brand
Plaaslike sakeman doen brandwonde, toe stoor aan die brand slaan.
ERMELO – ʼn brand het op 6 April ontstaan op een van die Eike plotte op die Breytenpad waarin ‘n plaaslike sakeman, Fred Drieselmann van Legend Sights Trading CC, beseer is.
Die Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste asook lede van gemeenskap van die omliggende gebied was met Hoëvelder se aankoms reeds besig om die brand onder beheer te probeer kry.

‘n Stoor op die perseël was gedeeltelik aan die brand.
Daar is geen sterftes of ernstige beserings aangemeld nie, hoewel Drieselmann met ER24, hospital toe vervoer is.

Sy seun Willie het bevestig dat sy pa nie ernstig beseer is nie, maar dat hy wel brandwonde opgedoen het.
Hy het ook by die hospitaal oornag onder mediese observasie.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



