Gestremdheid kry dié tiener van Ermelo nie onder nie
Die De Waal-gesin se liefde vir mekaar is die wondergom wat hulle bymekaarhou.
ERMELO – Die 16-jarige Milan de Waal floreer ten spyte van haar gestremdheid.
Op tweejarige ouderdom het Milan ophou praat. Haar ouers, Willem en Leandré, het dadelik gesorg dat sy dreineringsbuisies in haar ore kry.
Die egpaar is deur ‘n oor-neus-en-keelspesialis gerusgestel dat hulle binne twee weke ‘n verskil by haar sou sien. Dit was nie die geval nie.
In 2009 het sy ouditiewe breinstam-reaksietoetse ondergaan, wat aangedui het dat sy aan bilaterale, matig tot ernstige gehoorverlies ly.
Sy het daardie selfde jaar haar eerste stel gehoorstukke ontvang.

Vandag ontvang Milan tuisonderrig by haar ma, en neem sy elke dag soos wat dit kom. “Elke dag is ‘n uitdaging, maar Leandré is ‘n ystervrou” sê Willem.
Kuns is ‘n vorm van kommunikasie vir haar, en sy gebruik dit tot haar voordeel in haar eie klein onderneming.
Sy het albei van haar ouers se kunstalent ontvang. Sy maak sleutelhouers, magnete, drupmatte en boekmerke van lontkrale.
Omdat Milan geen interaksie met ander mense het nie, het haar ouers besluit dat dit ‘n ideale geleentheid is om deur haar bedryf nuwe mense te ontmoet en te sosialiseer.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



