Janchro beraam ‘n plan om geld in te samel vir pa-en-seun-projek
Sy ma, Christelle, het een reël vir sy nuwe werk ingestel - dat hy slegs oor naweke mag werk.
ERMELO – Janchro Nel, ’n gr. 9-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, het onlangs met ‘n blink plan vorendag gekom om die gesin se pa-en-seun-projek te befonds.
Janchro se pa, Jan, het vir hom met sy 14de verjaardag ’n ou strandbakkie gekoop, wat die twee besluit het om te restoureer.
Die voorwaarde wat sy pa aan hom gestel het, was dat hy tot die kostes om die bakkie te herstel, moes bydra.
Janchro het dadelik op die internet na idees begin rondsoek om ’n ekstra inkomste te genereer.

So het hy na ure se rondsnuffel op die idée afgekom, om sleutelhouers van fietskettings en bottelproppe te maak.
Hy het al heelwat sleutelhouers verkoop, en die Coke- en Buffelsfontein-sleutelhouers is baie gewild.
Hulle sukkel egter om Coke-proppies te kry, omdat die handelsmerk nie meer daarop verskyn nie.
Indien enige persoon die jongman met ou fietskettings of proppies kan help, kan hulle ’n boodskap na Janchro stuur by 071 687 5694.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



