Local news

Hoëveld Jeugkoor hou musikale avonture

Die naweek was vir die HJK ’n viering van vreugde, genot en ’n passie vir sang.

Die Hoëveld Jeugkoor (HJK) het die naweek van 26 Mei, saam met die Mpumalanga Jeugkoor en verskeie ander kore in die Sudwala-grotte opgetree.

“Hierdie ervaring was van onskatbare waarde vir die koorlede,” sê Annamarie Archer, die HJK se voorsitter.

Die Mpumalanga Jeugkoor het ’n spesiale geselligheid gereël, waartydens die kinders die kans gekry het om saam met Hoërskool Patriot en Laerskool Tasbet Park te kuier.

Die Hoëveld Jeugkoor oefen vir hulle naweek by die Sudwala-grotte.

Dit was ’n plesierige geleentheid en het die verskillende kore verder in hulle gemeenskaplike liefde vir musiek verenig en versterk.

Die Hoëveld Jeugkoor nooi die gemeenskap uit na die groot koorfees wat 12 Augustus om 15:00 by Ligbron gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button