Local news

VIDEO – Ermelo-seun wen boereplannekompetisie by Nampo

Saam met die res van die gesin het hulle ’n paar veranderinge aangebring tot almal gelukkig was, en het dit op dié hekke wat vir die kinders ’n probleem was gaan toets.

ERMELO – Die gewilde sêding, ‘’n Boer maak ’n plan’, beskryf die jong 10-jarige David de Wet met sy slim plan om die alewige stryd met draadhekke te vergemaklik.

Hy is vanjaar as die wenner van die Nampo Boereplannekompetisie se skoleafdeling gekroon.

David het bewys dat selfs ’n jong boer se hande vir niks verkeerd staan nie. Sy ma, Vesta, het hom as ’n selfversekerde kind wat altyd besig is om nuwe planne te beraam, beskryf.

Die gesin woon op ’n plaas buite Ermelo, en David en sy sibbe ry gereeld met hul fietse na hul oupa en ouma se huis, sowat 5 km van hul ouerhuis af, om daar te gaan kuier.

Tussen die huise is verskeie draadhekke waarmee die kinders menigmale gesukkel het om oop te maak. Dan moes hulle maar omdraai en terugkeer huis toe.

Dis juis tydens een van die omdraaisessies wat David besluit het hy gaan ’n plan maak om hierdie gesukkel die hoof te bied.

David de Wet het die skoleafdeling van die Boereplannekompetisie gewen. Foto’s | Verskaf

 

So is sy plan, wat hy later die ‘Hekmeester’ gedoop het, in die veld voor een van die hekke wat hulle verhoed het om te gaan kuier, gebore.

Hy het sy pa en oupa se hulp ingespan en sy probleem en idee om dit op te los, verduidelik.

Saam met die res van die gesin het hulle ’n paar veranderinge aangebring tot almal gelukkig was, en het dit op dié hekke wat vir die kinders ’n probleem was gaan toets.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button