VIDEO – Beeldmateriaal wys oomblik toe motorfietsryer van fiets afgeslinger word in Ermelo
Volgens inligting het hy beserings aan sy been en arm opgedoen en is oorspronklik na Mediclinic Ermelo vervoer.

‘n Ongeluk by die Taute- en Lafniestraat T-aansluiting het op 28 Junie tot ernstige beserings aan ‘n jong man, Stephen Prinsloo, gelei.
‘n Video wat hy verskaf het, toon die oomblik waar Prinsloo beweerdelik met sy motorfiets oor los grys gly en die motorfiets se agterkant onder hom uitbeweeg en hy van die fiets afgeslinger word.
Daar was geen ander voertuie betrokke by die ongeluk nie.
Die nooddienste van ER24 was teenwoordig en het op die toneel vir Prinsloo behandel vir sy beserings.
Volgens inligting het hy beserings aan sy been en arm opgedoen en is oorspronklik na Mediclinic Ermelo vervoer.
Die provinsiale ambulansdienste, verkeersbeamptes, sowel as Shesha Insleepdienste was ook op die toneel.



