Local news

VLU Robyn-tak se vroue brei bedsokkies en warm hoedjies vir kinderhuis

Na 'n kort vergadering is die finansies vir die eersdaagse kongres afgehandel, en Lenie Groenewald het 'n werksklas in onder andere opstopwerk aangebied.

ERMELO – Die Vrouelandbou-unie se Robyn-tak het onlangs sy maandelikse vergadering gehou.

Die vroue het heerlike sop en varsgebakte vetkoek te ete gehad. Gina du Preez is ook as nuwe lid by die tak verwelkom.

Na ‘n kort vergadering is die finansies vir die eersdaagse kongres afgehandel, en Lenie Groenewald het ‘n werksklas in onder andere opstopwerk aangebied.

Op 19 Junie het die vroue ook die SAVF Fanie Lombard op Amsterdam besoek en saam met die inwoners gekuier.

“Meimaand was breimaand, en die dames het fluks begin brei aan bedsokkies en warm hoedjies,” het Susan van Wyk, die takvoorsitter, gesê.

Sy het Pikkie Lizamore, die bestuurder van Fanie Lombard, wat leiding met die projek geneem het, bedank.

Die gebreide sokkies sal aan die kinderhuis op Ermelo geskenk word.

Die klub se volgende vergadering vind op 11 Julie plaas.

Enigeen wat wil aansluit, kan Van Wyk by 082 771 1408 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button