Seun van Hendrina erg beseer na motorfietsongeluk op sy verjaarsdag
Rico het bloeding op die brein opgedoen, en sy oogbank, neus en kakebeen is gekraak. Hy het ook sy regtervoet gebreek.
Rico Pieterse was kort voor sy 16de verjaardag in ‘n ernstige motorfietsongeluk op Hendrina betrokke.
Volgens sy ma, Mari, het hy op 23 Junie, sy verjaardag, saam met ‘n paar van sy vriende by hul huis gekuier.
Rico het later die aand saam met een van die gesin se vriende op hul motorfiets gaan ry.
“Hulle sou net om die blok ry, maar het besluit om ‘n ent verder te ry, maar het ‘n draai gemis het en is deur ‘n draadheining,” het sy gesê.

Rico het bloeding op die brein opgedoen, en sy oogbank, neus en kakebeen is gekraak. Hy het ook sy regtervoet gebreek.
‘n Trustfonds is by Pas Prokureurs geopen: Pieter Stoffberg Ingelyf Trust; FNB Ermelo; takkode – 270344; trustrekeningnommer – 62092150326; verwysing – PIE97/1.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



