Local news

Drie mans dood in kop-teen-kop botsing op N2

Meer inligting sal beskikbaar gestel word soos die saak ontvou en meer inligting ingesamel word.

‘n Grusame kop-teen -kop botsing op die N2 het vroeër vanaand, 14 Julie, ‘n tragiese tol geëis.

Drie mans is dusver dood verklaar nadat ‘n bakkie, swaar gelaai met mielies, met ‘n ander voeruig in ‘n noodlottige botsing betrokke was.

Die presiese dodetal sal bevestig word soos wat die toneel verder opgeruim word.

Die botsing het ‘n toneel van verwoesting agtergelaat.

ER24, Msukaligwa die Msukaligwa Brand en Reddingsdienste, insleepdienste, verkeersbeamptes, en plaaslike polisie was op die toneel.

Die ongeluk het die verkeer op die N2 ontwrig en twee bane is gesluit.

Meer inligting sal beskikbaar gestel word soos die saak ontvou en verdere inligting versamel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button