Morgenzon-man ontdek roeping ondanks lewensveranderende besering
Met hierdie eenvoudige gereedskap het Loots sy eerste houtskepie gebou en 'n nuwe roeping vir homself ontdek.
Gilliam Loots, meer bekend as Giel, het besluit om sy lot in eie hande te neem nadat hy deur verskeie struikelblokke is.
In 2017 het Loots sy hand tydens ‘n ongeluk met ‘n hoekslyper verloor toe hy staalplate gesny het. Hy het vyf uur in die operasiekamer deurgebring om sy hand weer aan sy arm te laat heg.
Die herstelproses sou ses maande duur, maar ná slegs twee maande was hy in ‘n karongeluk wat al die spiere in sy hand weer beskadig het.
“Ek kan niks met my hand doen nie,” het Loots gesê.

As die broodwinner van die gesin moes hy staatmaak op sy vrou, Hester, om vir hom en sy sieklike ouers te sorg.
Die verloop van gebeure het egter ‘n ommekeer geneem toe Hester ook haar werk verloor het.
In sy verveeldheid het Loots op ‘n Sondagmiddag twee houtstompe in die braai-area raakgesien en gewonder of hy iets daarmee kon doen.
Hy het sy eie beitels gemaak met afvalstaal wat hy in sy erf gekry het.
Hy gebruik ook sy pa se hamertjie, sy vrou se skêr, en sy ma se klein knyptangetjie.

Hy het sy skepe op sosiale media begin deel, en dit het nie lank geneem nie voordat hy verskeie mense gehad het wat skepe na hul eie smaak ontwerp wou gehad het.
Hy het ‘n passie en sy talent vir herstelwerk ontwikkel, wat hom gehelp het om ‘n onderneming te vestig en ‘n nuwe bron van inkomste te skep.
Vir enige navrae, kontak Juliana Loots by 078 596 4134 of Hester Loots by 078 370 4496.
Lees die volledige berig in die week se Hoëvelder.



