Local news

Familie bring hulde aan Ermelo-man wie na bewering van fiets afgery is

Martin se familie noem dat hy ’n groot liefde vir braai en rugby gehad het. Foto | VerskafVolgens sy suster, Erika Wägner, was hy 'n man van vasberadenheid en 'n harde werker.

Die man wat na bewering van sy fiets afgery is naby die Cassim Park-kruising, net buite die dorp op die Morgenzon-pad, is geïdentifiseer as Martin Pieter Naudé.

Die voorval het vroegoggend op 12 Julie plaasgevind.

Naudé is met kritieke beserings deur die nooddienste na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Martin se familie noem dat hy ’n groot liefde vir braai en rugby gehad het. Foto | VerskafVolgens sy suster, Erika Wägner, was hy ‘n man van vasberadenheid en ‘n harde werker.

Sy loopbaan in sekuriteit het hom na Newcastle, Nigel, Bronkhorstspruit en uiteindelik na Ermelo toe gelei, waar hy volgens sy familie ‘n gewaardeerde lid van die Eagle Eye Sekuriteit-span was.

Deur hael, reën en sneeu het hy daagliks onverskrokke ‘n afstand van ongeveer 4 km met sy fiets na sy werk gereis, ‘n bewys van sy toewyding en volharding.

Naudé het ‘n geestelike anker in die NG Oos-gemeente gevind en was ‘n kind van die Here. Sy vriendelikheid en vrygewigheid het hom geliefd onder sy familie, vriende en kollegas gemaak.

“Hy het nooit geaarsel om dít wat hy gehad het te deel nie,” het Wägner gesê

Martin Naudé was volgens sy familie ’n groot Sharks-ondersteuner onthou word. Foto | Verskaf

Sy stralende glimlag en warm hart sal ‘n leemte in die lewens wat Naudé agtergelaat het, laat.

Lees die volledige berig in die week se Hoëvelder.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button