Hoëveld Jeugkoor bring gemeenskap saam deur sang
Die geleentheid was goed georganiseer en die kore het ’n uiters professionele vertoning gelewer. Dié fees het nie net die gemeenskap betrek nie, maar dit het ook ’n spesiale geleentheid geskep vir oudkomitee- en oudkoorlede van die Hoëveld Jeugkoor om saam te kom en die hoogtepunt te beleef.
ERMELO – Die Hoëveld Jeugkoor het die afgelope naweek ’n koorfees aangebied wat verskeie kore en die gemeenskap byeengebring het.
Dié jaarlikse fees het ’n aand van klassieke koorsang vir die dorp beteken.
Met ’n indrukwekkende deelname van 13 plaaslike kore, was die geleentheid ’n viering van sangtalent en gemeenskapsgees. Die kore het hul verskeie repertoires ten toon gestel, wat die gehoor met ’n uitmuntende vertoning vermaak het.
Die geleentheid was goed georganiseer en die kore het ’n uiters professionele vertoning gelewer. Dié fees het nie net die gemeenskap betrek nie, maar dit het ook ’n spesiale geleentheid geskep vir oudkomitee- en oudkoorlede van die Hoëveld Jeugkoor om saam te kom en die hoogtepunt te beleef.
Kore wat deelgeneem het:
• Laerskool Piet Retief Juniorkoor
• Laerskool Ermelo
• Standerton Primary School
• Laerskool Piet Retief Seniorkoor
• Laerskool JJ van der Merwe
• Hoërskool Volksrust
• Hoërskool Standerton
• Hoërskool Middelburg
• Hoërskool Erasmus
• Hoërskool Patriot
• Hoërskool General Hertzog
• Mpumalanga Jeugkoor
• Hoëveld Jeugkoor.
Lardus Botha, ’n erelid van die die Hoëveld Jeugkoor, het die aand nog meer spesiaal gemaak deur die oudkoorlede uit te nooi om saam met die koor op te tree.
Hierdie ervaring het nie net ’n musikale brug tussen generasies geskep nie, maar dit het ook die gehoor verder vermaak.
Die fees het mense bymekaargebring en herinner dat sang en musiek universele talente is wat grense kan oorskry. Die aand is met ’n massakooruitvoering van die gewilde lied, “Jerusalem” afgesluit.
Die koor nooi die publiek uit om die oudisies by te woon en deel van die groeiende sanggemeenskap te word.
Vir meer inligting rakende die oudisies, toekomstige optredes en aktiwiteite, kan Annamarie Archer by 082 796 1375 geskakel word, of die koor kan op Facebook by @Hoëveld Jeugkoor gevolg word.



