Local news
Plaaslike gimnaste presteer by Mpumalanga Gimnastiekproewe
Ermelo gimnaste het verskeie medaljes by die proewe behaal en Mpumalanga-kleure verwerf.
Vyf gimnaste van Ermelo Gimnastiek het op 2 September aan die Mpumalanga Gimnastiekproewe in Mbombela deelgeneem.
Hierdie gimnaste het goeie prestasies behaal, en het daarin geslaag om te kwalifiseer om Mpumalanga-kleure te verwerf.

Agter: Teresa Pace, Marizelle Burger en Charlize Clifford. Voor: Gabriella van der Westhuizen en Sthabile Mazibuko.
Foto | Verskaf
Hulle sal Mpumalanga tydens die SA Gimnastiekkampioenskap op 5 Oktober in Pretoria verteenwoordig:
- Charlize Clifford – tweede plek in spronge en algehele derde plek
- Sthabile Mazibuko – tweede plek op vloer en derde plek op balk
- Teresa Pace – derde op vloer en derde op brug
- Gabriella van der Westhuizen – eerste op die brug.
Thina Jansen van Rensburg, ‘n afrigter by die Ermelo Gimnastiekklub, het hierdie leerders gelukgewens en hulle sterkte vir die SA kampioenskap toegewens.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



