Ermelo Fotoklub kondig September se waardige wenners aan
Ermelo fotograwe skryf maandeliks verskeie fotos in die ope- en vasgestelde onderwerpafdeling in.
ERMELO – Strawwe kompetisie was aan orde van die dag tydens die fotoklub se maandelikse vergadering.
Die vasgestelde onderwerp vir September was ‘groen’.
Tia Labuschagne se foto, “Garing”, het die juniorafdeling gewen, terwyl Leon Drotsky se “Byevreterglans” as die seniorwenner aangewys is.

Lede kry maandeliks die geleentheid om in die vasgestelde afdeling en die opeafdeling in te skryf.
Bianca Breytenbach se foto “Splish Splash” het die 1-sterafdeling gewen.
Die wenner van die 2-ster was Annise Smit met haar foto, “White Wonderland”. Die foto is ook as die algehele juniorwenner aangewys.
Labuschagne se “Spekvreter” het die 3-sterafdeling gewen.

In die seniorafdeling is Mari Kruger se “Wegkruipertjie” as die wenner van die 4-sterafdeling aangewys.
Jan van Niekerk se foto “Lanner in Flight” was die 5-sterwenner. Hierdie foto was ook die algehele seniorwenner.
Dié klub se bestuur het alle belang-stellende fotograwe aangemoedig om by hulle aan te sluit. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com.



