Local news

EHS-toneel wen FAK Allegretto Toneelfees Ermelo week

Beskermde Burgers is gekies as een van die top 12 stukke landswyd wat aan die nasionale eindstryd gaan deelneem.

Hoërskool Ermelo het onlangs as die gasheerskool vir die eerste FAK Allegretto Toneelfees op die dorp opgetree.

Dit was vir die Erries ‘n besonderse voorreg om die EHS-ouditorium vir groot feeste soos dié te kan gebruik.

EHS se vier toneelstukke het ook aan die kompetisie deelgeneem, teen hoërskole Nelspruit, Standerton, Secunda, Volksrust, Jan Viljoen, Oosterland en Witteberg.

EHS se lede van die toneelstuk ‘Beskermde burgers’. Foto | EHS
Die Erries behaal die volgende plekke in die onderskeie kategorieë:

• Beste tegniese aspekte: Beskermde Burgers tweede plek, Streicher-Pas eerste plek.
• Beste verhoogbestuur: Juanika Wolmarans (Xaler) derde plek, Caitlyn Williams (Streicher-Pas) tweede plek.
• Beste beligtingsontwerp: mnr Lourie du Plooy (Streicher-Pas) derde plek.
• Beste klanksamestelling: me Mariaan Rust (Beskermde Burgers) derde plek, mnr Lourie du Plooy (Streicher-Pas)  tweede plek.
• Beste dekor: me Mariaan Rust (Beskermde Burgers) derde plek.

EHS se lede van die toneelstuk ‘Streicher-Pas’. Foto | EHS

• Beste kostuums/grimering: me Mariaan Rust (Beskermde Burgers) derde plek.
• Beste ensemble: Beskermde Burgers tweede plek.
• Beste klankhantering: Suzanne Jansen van Rensburg (Streicher-Pas) derde plek.
• Beste beligtingshantering: Wianke Cloete (Beskermde Burgers) eerste plek.
• Beste vroulike byspeler: Mienke Cloete (Streicher-Pas) tweede plek.
• Beste vroulike hoofrol: Mia van Deventer (Beskermde Burgers) derde plek, Mienke Cloete (Beskermde Burgers) eerste plek.

EHS se lede van die toneelstuk ‘Xaler’. Foto | EHS

• Beste manlike hoofrol: Franco Gibbens (Streicher-Pas) eerste plek.
• Beste teks: mnre Lourie du Plooy en Ruben Fouché (Streicher-Pas) derde plek.
• Beste regie: mnre Lourie du Plooy en Ruben Fouché (Streicher-Pas) derde plek.
• Beste komedie: Xaler tweede plek.
• Beste drama: Streicher-Pas derde plek, Beskermde Burgers eerste plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button