Local news

Vermeende bankrower in Ermelo deur ACSU gevang

Die bank se kliënte is al sedert Julie 2023, reeds drie keer ’n teiken van bankrooftogte, waarvan twee mislukte pogings was.

ERMELO – ’n Beweerde rower het ’n poging aangewend om kliente te beroof by ’n plaaslike bank op Woensdag 13 September.

Hierdie voorval het die onmiddellike reaksie van Acsu Sekuriteit en die plaaslike polisie ontlok om die beweerde rower vas te trek.

’n Noodoproep het Acsu in kennis van die dreigende situasie gestel, en binne oomblikke was hulle op toneel om die rower te konfronteer.

Tydens die voorval het die beweerde rower probeer om weg te hardloop, maar sy vlug was van korte duur.

Die gejaag het hom na ’n sakegebou gelei, waar Acsu en polisie hom uiteindelik ingehaal en onmiddellik in hegtenis geneem het.

LEES OOK HIER: Maatreëls om ’n rooftog te vermy

Kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, het bevestig dat dit wel ’n poging tot ’n rooftog was, maar geen saak is geopen in verband met die voorval nie.

’n Persoon met eerstehandse kennis oor die aangeleentheid, wie op anoniemiteit aangedring het, noem dat die beweerde bankrower reeds in Julie 2023 die selfde bank beroof het.

Die persoon noem ook dat die beweerde bankrower sedertdien twee keer weer gepoog het om die bank te beroof.

Daar word ’n versoek aan die publiek gerug, dat kontant wat gedeponeer en getrek word, met waaksaamheid uitgevoer word.

“Mense moet versigtig en bewus wees wanneer hulle geld trek en daarmee in hul voertuie ry,” het die anonieme bron gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button