Local news

Ligbron Akademie vir Tegnologie kies sy 2024 leerlingraad

Die hoofleiers van 2024 wil ook aan volgende jaar se gr. 8’s noem dat hulle nie kan wag om hulle te ontmoet nie, en dat hulle na die groentjiekonsert uitsien.

Ligbron het sy nuwe leerderraad vir 2024 aangekondig.

Die groep leiers is vanaf 5 tot 8 September op ’n opleidingskamp in Elandskloof buite Dullstroom.

Agter: Jakus Olivier, Anele Manana, Ntando Simelane, Corrie Visagie, Jade Britz, Divan van Jaarsveld, Siyanda Mkhonza, Heath Kitchenmaster en Lindokuhle Maseko. Voor: Ameen Tikly (tesourier), Tumelo Cele (kultuur), Anele Ngwenya (onderhoofseun), Jaco van Wyk (hoofseun), Saneliso Mamba (dissipline), Ruben Kruger (sport) en Marnus Marx (LCA-voorsitter). Foto | Ligbron

Hoëvelder het met Elandri Kleynhans, volgende jaar se hoofdogter, oor die kamp gesels. Elandri sê dat sy die kamp vreeslik geniet het, hoewel die spanwerkgedeelte redelik uitdagend was.

“Ons het die een dag in spanverband ’n paal, ’n 20-liter-waterkan en ’n band deur die berge gedra, maar dit het ons vir seker uithouvermoë geleer.”

Ligbron se hoofseun van volgende jaar, Jaco van Wyk, gesels oor waarna hy uitsien in die nuwe jaar.

“Ek glo en vertrou in hierdie groep leiers om ’n verskil in die skool te maak.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button