Local news

Laerskool Ermelo stel nuwe onderhoof aan

Onderwysers wat saam met haar gewerk het, het ’n groot impak op haar besluitnemings gehad.

ERMELO – Claudia Lottering is onlangs as die nuwe onderhoof van Laerskool Ermelo aangestel.

Lottering het in 2003 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer, waarna sy onderwys deur Unisa onderwys en as ’n studentonderwyser begin werk het.

Op skool het sy ander beroepe oorweeg, maar daar was altyd onderwysers op haar pad wat ’n groot impak op haar lewe en besluitnemings gehad het.

In 2009 het Lottering by Laerskool Ermelo aangesluit en sê dat sy oor die jare saam met verskeie mentor-onderwysers gewerk het by wie sy baie geleer het.

Annelize Gouws (hoof) en Claudia Lottering (onderhoof). Foto | Verskaf

Sy het nog altyd ’n passie gehad om met kinders te werk en was in hoërskool reeds by haar kerk se jeug en Sondagskool betrokke.

By die skool was sy al by bykans alles van sport tot by revues betrokke.

Lottering is as ’n graadleier en vakhoof aangestel voor sy in 2021 as die departementshoof vir Afrikaans en wiskunde aangewys is.

“Sonder die invloed van die mentor-onderwysers saam met wie ek gewerk en by wie ek geleer het, sou ek nie wees waar ek vandag is nie.”

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button