Ermelo werktuigkundige omskep minibus in ’n mobiele werkswinkel
Hy het selfs ’n kragopwekker om sake te vermaklik sou hy uit in die veld wees.
ERMELO – ’n Plaaslike motorwerktuigkundige laat nie toe dat ’n fisiese werkswinkel hom keer om op enige plek te werk nie.
Boeta Stoltz (52) het ’n minibus in ’n mobiele werkswinkel omskep, wat hom in staat stel om regoor Mpumalanga en Gauteng te werk. Stoltz het van kinderdae af aan die meganiese dele van motorvoertuie gewerskaf.
Hy het ’n paar jaar gelede die insleepdiens-industrie betree en het besef dat daar ’n tekort aan sweisers is wat op ’n toneel kan werk.
Die uitdagings is grootliks gebaseer op gereedskap wat benodig is om daar te werk, wat gewoonlik net beskikbaar is by ’n werkswinkel.

Nog ’n probleem is dat meeste van hierdie onklaar voertuie op ongeleë plekke plaasvind, waar elektrisiteit en goeie beligting nie beskikbaar is nie. Dit is waar Stoltz die blink idee gekry het om ’n mobiele werkswinkel te bou, met al die nodige gereedskap om op toneel te werk,
Sy werkswinkel is toegerus met die nodigste toerusting asook ’n kragopwekker wat sy werk vermaklik, waar hy ookal is.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



