Local news

Ermeloërs geniet Oktoberfest by Indawo

Oktoberfest het verseker Ermeloërs se naweek was gevul met hope pret, lekker musiek en heerlike kos.

ERMELO – Vanjaar se Indawo Oktoberfest op 6 en 7 Oktober was ‘n naweek van pret soos geen ander nie.

Vrolike musiek met die gelag en gespeel van kinders in die agtergrond het die perfekte atmosfeer geskep.

Feesgangers het beide dae gunstige weer geniet.

Vrydag het afgeskop met ‘n potjiekos- kompetisie, waarna die rodeo ‘n groot skare gelok het.

Verskeie plaaslike kunstenaars het vir die vermaak gesorg, en die stalletjies het iets vir almal gebied. Van heerlike kos en iets kouds om te drink was daar geen tekort nie.

Die kinders het die speelarea met verskeie speletjies geniet, en borrelgewere was een van die hoogtepunte van die dag.

‘n Meganiese bul het waaghalsige feesgangers die geleentheid gebied om te kyk hoe lank hulle op kon bly.

Piet Pompies, Jay en Lianie May het die feesgangers vermaak.

Die organiseerders van die fees het elke borg wat die fees moontlik gemaak het, vir hul bydrae bedank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button