Local news

Errie-gholfspeler vaar uitstekend by SA toernooi

Bea het al vier haar “matchplay”-wedstryde en drie van haar vier “foursome”-wedstryde gewen.

Bea Breedt, ’n gr.-11 leerder van Hoërskool Ermelo, het vanaf 1 tot 6 Oktober Mpumalanga se seniorgholfspan by die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale Gholftoernooi by die Umhlali Buiteklub naby Balito verteenwoordig.

Bea het as die enigste hoërskoolspeler uitgeblink en is vir die Mpumalanga-span gekies.

Sy het nie net met haar uitsonderlike prestasie beïndruk nie, maar spog ook met ’n uitstaande rekord.

Bea Breedt in aksie. Foto | GholfRSA

Bea het al vier haar “matchplay”-wedstryde en drie van haar vier “foursome”-wedstryde gewen.

Haar ongelooflike pogings en vasberadenheid was ’n sleutelfaktor om haar ’n tweede plek vir haar span in die B-afdeling van die toernooi te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button