Local news

AfriForum-takke en die Daisies knap Chrissiesmeer op

Die takke in samewerking met die Daisies het gesorg dat die dorp so bietjie opgeruim word.

CHRISSIESMEER – AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak en die span van die Daisies het onlangs ‘n skoonmaakprojek in die dorp voltooi.

Die Daisies is ‘n groep vrywilligers van Chrissiesmeer en Kwa-Chibikhilu wat help om die dorp skoon te maak.

Vullis is tydens dié projek vanaf Florence Wholesalers tot by die laerskool verwyder.

Van die vullis wat tydens die projek verwyder is.
Foto’s | AfriForum

Lede het ook die ingange na sakeondernemings herstel omdat die randstene van die hoofstraat baie steil en skerp was.

Hierdie ingange is met doloriet opgevul sodat die motoriste die parkering kan gebruik sonder om hulle voertuie te skraap.

“Ons dorp is afhanklik van toerisme, en as die dorp sleg lyk, is daar mense wat eerder verbyry as wat hulle stop. Juis daarom maak ons die dorp skoon en hou dit netjies sodat toeriste veilig en tuis sal voel as hulle hier kom besoek aflê,” sê Millicent van den Heever, van die AfriForum Ermelo- en Chrissiesmeer-tak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button