Ermelo Tuinbouklub bied insiggewende bonsaidemonstrasie aan
Tydens die vergadering het Gosia Snyman haar getuienis met die groep gedeel, en Maryke Claasen het meer vertel van die waterkwaliteit.

ERMELO – Lede van die Ermelo Tuinbouklub het op 11 Oktober ’n heerlike oggend aan huis van die Human-gesin geniet.
Willemjan Human het sy passie en talent met bonsaibome met die groep gedeel.

Elmarie Celliers, die klubvoorsitter, het hom vir sy leersame praatjie bedank. “Ons het verseker ’n baie spesiale kenner in ons midde; sy projek is werklik iets om te sien,” het Celliers gesê.
Soekie Human, ’n plaaslike kunstenaar, het van haar werke uitgestal en Lizari Dippenaar het die groep met haar pragtige stem vermaak.

Tydens die vergadering het Gosia Snyman haar getuienis met die groep gedeel, en Maryke Claasen het meer vertel van die waterkwaliteit.
Celliers het almal wat die dag bygewoon het, bedank.



