Local news
EHS-tennisspelers kraai koning tydens Hoëveld-streek uitspeelwedstryde
Drie leerders van Hoërskool Ermelo het aan die uitspeelwedstryde van die Hoëveld-streek deelgeneem.
Drie leerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die uitspeelwedstryde van die Hoëveld-streek deelgeneem en uitstekende plekke behaal.
In die seuns o. 15-groep het Ryno Maritz ’n eerste plek en Rinehardt Böhmer ’n tweede verower.
Madri van Niekerk het vyfde in die dogters o. 18-afdeling geëindig.
“Baie geluk aan hierdie leerders. Die Erries is baie trots op hierdie tennisprestasie,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



