Ermelo se VLU Robyntak kuier heerlik saam
Tydens die vergadering is daar ’n borduurwerksklas aangebied, en Susan van Wyk, Lenie Groenewald en Helena de Lange het hul borduurmasjiene beskikbaar gestel vir die lede wat dié kuns wou probeer.
ERMELO – Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Robyntak het onlangs weer heerlik by EHS se landbousaal gekuier en geleer.
Tydens die vergadering is daar ’n borduurwerksklas aangebied, en Susan van Wyk, Lenie Groenewald en Helena de Lange het hul borduurmasjiene beskikbaar gestel vir die lede wat dié kuns wou probeer.
“Die tegniek op die borduurmasjien is gebruik om ’n boekmerk te maak. Met die tegniek is spanwerk in die raam baie belangrik, en alhoewel die keuse van gare ’n persoonlike keuse is, kan dit ook ’n artikel maak of breek,” het Van Wyk gesê.

Carien Staankamp-Schabort, Tambuki se streeksvoorsitter, het die lede tydens die vergadering verras en saam met die groep vroue kom kuier.
Die lede het afskeid van een van hul lede, Gina du Preez, wat na Standerton toe verhuis, geneem.
Hettie Grey en Groenewald het die vroue met heerlike eetgoed bederf.
Die tak se volgende vergadering sal op 7 November by die EHS se landbousaal plaasvind.
Enige persoon wat by die tak wil aansluit of meer inligting daaroor verlang, kan Van Wyk by 082 771 1408 skakel.