Local news

Ermelo-bokser oefen om kishoue in Zambië uit te deel

Sy doelwit is om goud terug huis toe te bring met 'n eerste uitslaanronde.

Jonathan Swart, ‘n matriekleerder van Ligbron, berei homself voor vir die groot African Champs-boksgeveg wat in Desember in Zambië gaan plaasvind.

Jonathan werk hard daaraan om ‘n balans te vind tussen sy eindeksamen en oefeninge.

“Ek sal nie noodwendig sê dis positief nie. Ek probeer genoeg aandag aan beide kante gee.”

Hy sê dat dit moeilik is om die balans te vind, maar dat hy nie vir die uitdaging terugstaan nie.

Jonathan oefen elke dag vyf tot ses ure aan sy fiksheid en bokstegnieke.

Hy fokus ook daaraan om sy TikTok-profiel op te bou om kykers ’n blik te gee op die bokswêreld.

“As ‘n bokser kry jy nie regtig baie publisiteit nie, daarom werk ek daaraan om my naam daar buite te kry,” sê hy.

Lees die berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button