Local news
Errie-tennisspeler is nommer een in provinsie
Na afloop van die toernooi het hy die kampioenskap gewen en is as die nommer een in die provinsie gekroon.
Henning Romijn van Hoërskool Ermelo het op 4 en 5 November aan die Mpumalanga o. 15-seunstenniskampioenskap deelgeneem.
Na afloop van die toernooi het hy die kampioenskap gewen en is as die nommer een in die provinsie gekroon.
Henning en die span sal vanaf 10 tot 13 Januarie aan die SA Skole se interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria deelneem.
“Baie geluk, Henning, en sterkte met die toernooi. EHS is trots op jou,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



