Local news

Ouma en kleinkinders geteiken in huisroof op Ermelo

Die kleinkinders is na bewering erg getraumatiseerd.

‘n 64-jarige ouma en haar drie kleinkinders was die slagoffers van ‘n vermeende huisroof.

Die plaaslike polisie, asook lede van Spartan en Vossies sekuriteitsmaatskappye, het na bewering na die toneel gehaas nadat ‘n noodoproep ontvang het.

Daar word vermoed dat tussen drie en vier verdagtes die huis binnegedring het.

Die kleinkinders van die vrou, is na bewering erg getraumatiseerd ná die voorval.

Die ouma het seergekry nadat die mans na bewering juwele van haar arm wou steel. Sy is na die naaste hospitaal vervoer vir behandeling.

Die polisie is besig met ‘n intensiewe ondersoek om die verdagtes op te spoor en geregtigheid te laat geskied.

Gemeenskapslede word aangemoedig om enige inligting te deel wat mag help om hierdie misdadigers vas te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button