Local news

Waterwinkel kondig inkleurkompetisiewenners aan

Met die tema 'water is lewe', was dit belangrik om die leerders ook só bloot te stel aan hoe belangrik water in elkeen se daaglikse lewe is.

ERMELO – PureJoy Water Ermelo het onlangs ‘n inkleurkompetisie by verskeie kleuterskole op die dorp geloods.

Die kleuterskole wat die onderneming ondersteun se leerders het elkeen die geleentheid gekry om ‘n prentjie in te kleur om aan die pret deel te neem.

Die wenners by elke skool het op 13 November elkeen ‘n medalje, ‘n sjokolade en ‘n bottel water ontvang.

JJ Preprimêr se wenners. Agter: Ruhandré van Niekerk, Marizelle Scheepers en Kwandokuhle Mnisi. Voor: Henrico de Villiers, Ruan Rautenbach en Alandré van den Berg.

Met die tema ‘water is lewe’, was dit belangrik om die leerders ook só bloot te stel aan hoe belangrik water in elkeen se daaglikse lewe is.

Die gr. R-wenners van Apple Seed Primary School, JJ Preprimêr, Destiny Academy en Metanoia het na die volgende ronde van die kompetisie deurgedring.

Die inkleurwenners by Metanoia Kleuters is Zian Coetzee, Milané Heine, Amahle en Emma van der Merwe. Foto | René Joubert

Elke leerder moet ‘n prent teken met water as die hooftema, en kan vir hulself en hul skool ‘n prys wen.

Die wenners van Apple Seed Primary School. Agter: Mekhi Oliphant, Angel Mashele, Emmanuel Selaule en Zama Nkonyane. Voor: Kaya Twala, Junior Maseko, Thando Mashele en Nolan de Preez. Foto’s | René Joubert

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button