Local news

EHS-leerder dra dasserok ter nagedagtenis aan haar oupa

Sy wou uit haar erfstuk van haar oupa die rok laat maak.

Elke dogter droom van haar matriekafskeid en sien daarna uit om die dag saam met haar vriendinne te deel.

Isabelle Mousier, ‘n matriekleerder van Hoërskool Ermelo, se droom om dié dag ook saam met haar oupa, Japie Koegelenberg, wat soos ‘n pa vir haar was, te deel, is tragies beëindig toe hy verlede jaar oorlede is.

Koegelenberg was geliefd op die dorp en bekend in die gholfkringe, en was ook vir 15 jaar lank die bestuurder van die Ermelo Gholfklub.

Sedert die einde van verlede jaar het sy, haar ma, Louise, en ouma Cato aan idees vir haar rok begin dink.

Haar ouma het met die voorstel vorendag gekom dat hulle dalk iets met Japie se dasversameling moet maak.

Die oorspronklike idee was om ‘n baadjie te maak, maar dit het gou in ‘n hele rok verander.

Na vele beplanning en gesprekke rondom die rok, is daar van 45 dasse gebruik gemaak om dié spesiale skepping vir Isabelle se matriekafskeid te maak.

Die gesin is met 83 van Japie se dasse na die ontwerper, Thomas Webb, en het hul idee met hom gedeel.

Na vele beplanning en gesprekke rondom die rok, is daar van 45 dasse gebruik gemaak om dié spesiale skepping vir Isabelle se matriekafskeid te maak.

Isabelle sê sy het aanvanklik sowat elke twee weke na Webb toe moes gaan om die rok aan te pas, en nader aan die tyd was sy weekliks by hom.

“Daar was baie trial and error, en hy het weekliks dinge daaraan verander.”

Van die kleure van die dasse is gereeld verander totdat hulle die perfekte skakerings gevind het.

Hulle eerste idee was om met een kleur das te begin en die kleure bymekaar te hou, maar na een van die ontmoetings het hulle besluit om dit bont te maak.

“Thomas se idee was dat mense nie dadelik moet weet dit is dasse nie, en met die rangskikking daarvan het hy besef dat dit baie mooier lyk as die dasse lukraak om die rok gepas word.”

Die dasse en kantmateriaal wat op die rok vasgewerk is, moes met die hand gedoen word.

Isabelle sê dat daar slegs vier mense was wat van haar idee geweet het, en selfs haar metgesel was verstom toe hy haar rok sien.

Sy was verbaas oor die reaksie wat haar rok uitgelok het, en sê dat haar vriende en familie dit die ‘dasrok’ gedoop het.

Isabelle Mousier. Foto | Elbie le Roux

Die besonderse rok het mense aan die gons gehad, en van haar onderwysers het haar aangemoedig om vir matriekafskeidsrok-van-die-jaar-kompetisies in te skryf.

“Dit gaan nie regtig oor of ek die kompetisie wen nie, maar eerder die gevoel van nostalgie wat die rok ook by ander mense aanwakker.”

Sy sal op 4 Desember haar laaste matriekeksamen voltooi, waarna sy moet besluit of sy medies aan die Universiteit van Kaapstad wil gaan studeer of bourekenaarwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sien al die foto’s: HIER

Vir die gesin was dit baie spesiaal om ‘n erfstuk van haar oupa se dasse vir haar matriekafskeid te maak.

“Dit is beslis iets wat ek altyd na aan my hart sal hou, en die rok is vir seker een van my mees kosbare besittings,” het Isabelle afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button