Local news

Saak teen verdagte van dubbele moord op Ermelo vir beslissing uitgestel

Die verdagte was ongeveer 10km buite Ermelo in 'n ongeluk met 'n ander voertuig betrokke

ERMELO – Die verdagte van die moord op Robert Arthur James (59) en Bangon Roopsai (50), Vincent Madonsela (29), se saak is na 11 Desember uitgestel vir die Direkteur van Openbare Vervolging se beslissing.

Madonsela het op 20 Februarie sy eerste verskyning in die hof gemaak.

Robert Arthur James. Foto | Bianca James

Kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, het vroeër aan die koerant vertel dat die polisie op 18 Februarie vanjaar ‘n klag van huisroof in Sluiterstraat ontvang het.

Hulle het die twee inwoners dood op die toneel aangetref, asook James se beseerde 25-jarige seun, Eugene, en dié se 20-jarige vriendin.

Bangon Roopsai. Foto | Bianca James

Madonsela het in Amsterdam se rigting gevlug, in ‘n wit Volkswagen Polo wat aan een van die slagoffers behoort het.

“Hy was ongeveer 10 km buite Ermelo in ‘n ongeluk met ‘n ander voertuig betrokke.”

Die Ermelo SAPD het die verdagte op die ongelukstoneel in verband met die dubbele moord, poging tot moord, huisroof en diefstal van ‘n motorvoertuig in hegtenis geneem.

Robert Arthur James en Bangon Roopsai. Foto | Bianca James

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button