Local news

Ermelo-gesin benodig fondse na seun se hartoperasie

'n BackaBuddy-inisiatief is vir hom begin om fondse te probeer insamel.

Klein Sion Chawner, oor wie Hoëvelder voorheen berig het, het ‘n ongelooflike reis beleef sedert sy geboorte op 35 weke.

Op die jong ouderdom van een jaar en vier maande het sy ouers, Angelique en Shane, ontdek dat Sion twee gaatjies in sy hart het.

Hierdie nuus het die egpaar onkant gevang, maar hulle was vasberade om alles in hulle vermoë te doen om hulle seuntjie te help.

Op 4 April vanjaar is Sion onder die sorg van bekwame chirurge geneem om die twee gaatjies in sy hart te herstel, asook ‘n abnormaal groot aar wat nie met geboorte toegegaan het nie.

Shane, Sion en Angelique Chawner. Foto | Verskaf/Angelique Chawner

Op 23 Oktober het Sion sy eerste opvolgkonsultasie gehad, en die dokter het met vreugde aangekondig hoe goed hy aan die herstel is.

Dit is ‘n bemoedigende teken, maar ongelukkig het die mediese rekeninge opgestapel.

Die Chawner-egpaar het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om fondse vir klein Sion se volgehoue sorg in te samel.

Hulle het ‘n BackaBuddy-inisiatief begin om die publiek die geleentheid te bied om ‘n positiewe verskil in Sion se lewe te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button