Local news
Bestuurder en passasiers kritiek na motorongeluk buite Ermelo
ER24 en die provinsiale ambulansdienste het die beseerdes na die hospitaal vervoer.
’n Ongeluk het laatmiddag Dinsdag 5 Desember op die Breyten-pad buite Ermelo plaasgevind.
Een voertuig was in die ongeluk betrokke, en die omstandighede wat daartoe gelei het is nog nie bekend nie.

Die reddingsdienste se beamptes moes intree om een persoon wat in die voertuig vasgekeer is, te red.
Die bestuurder en passasiers is met kritieke beserings deur ER24 en provinsiale ambulansdienste na die Ermelo Mediclinic en Ermelo Hospitaal vervoer.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



