Local news

Oud-Ermeloër sal altyd onthou word

Die Hepburn-familie het onlangs van hulle moeder en ouma afskeid geneem.

Die afsterwe van Carol Hepburn, née Carolina Wilhemina Breed, laat ’n groot leemte binne die gemeenskap, in vriendekringe en die familie.

Sy was die eggenoot van wyle Dawie Hepburn, ’n bestuurder van die Hoëveld Pers. Carol en Dawie het amper 50 jaar op Ermelo gewoon en werk.

Sy is op 27 Desember 2023 in Mbombela in die ouderdom van 88 oorlede.

Die familie sal haar altyd onthou vir die wonderlike vrou wat sy was. Sy laat drie kinders, Roline, Alani en Allan, sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders agter. “Ons onthou die elegante, vriendelike, fluks, vrolike, vlytige en soms voortvarende vrou, ons ma, skoonma, ouma en grootouma,” sê Roline van Zyl, haar oudste dogter.

Haar troosdiens sal Vrydag, 12 Januarie om 11:00 by die Gereformeerde Kerk Witrivier plaasvind. Die diens sal deur ds. Jaco Linde gelei word.

Related Articles

 
Back to top button