Local news

Vullisvragmotors op Ermelo raak onklaar, sakke hoop op

Volgens ’n bron het die munisipale vullisverwyderingsvragmotors onklaar geraak en kon hulle nie die vullis in van die strate gaan afhaal nie

ERMELO – ’n Aantal inwoners was die afgelope week ontsteld oor die vullissakke wat nie deur die Msukaligwa Plaaslike Owerheid verwyder is nie.

Die gemors weens die sakgrouers en diere wat van die sakke oopgeskeur het, het die sypaadjies in verskeie strate ontsier.

Volgens ’n bron het die munisipale vullisverwyderingsvragmotors onklaar geraak en kon hulle nie die vullis in van die strate gaan afhaal nie. Dié bron sê dat die vullis op 9 Januarie verwyder sou word.

Vullissakke word op die middelmannetjie in Joubertstraat uitgesit. Foto | Wayne van der Walt

Vanessa Nel, Henno Pieters, Kotie Jonker en Annari Els is van die inwoners wat egter laatmiddag laat weet het dat hulle vullis in onderskeidelik Generaal Botha-, Potgieter-, Luitinghstraat en in Ermelo-Oos steeds nie verwyder is nie.

Volgens Hoëvelder se bron, is daar intussen laat weet dat die vullisverwydering wel vandag, 11 Januarie, uitgevoer word, hoewel hulle agter skedule is.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button