Local news

Vragmotor verloor vrag op sypaadjie langs Ermelo-skool

Sommige elektriese infrastruktuur en kragdrade is ook in die proses beskadig,

’n Vragmotor het op 22 Januarie sy vrag in Generaal Bothastraat, langs Laerskool JJ van der Merwe verloor toe een van die trok se vragbakkompartemente omgekantel het.

Die vragmotor versper een baan heeltemal en ‘n ander gedeeltelik wat tot verkeersophopings kan aanleiding gee as daar in ag geneem word dat ouers hulle kinders binnekort by die skool sal moet gaan afhaal.

Verkeersbeamptes is op die toneel om verkeer te reguleer.

Sommige elektriese infrastruktuur (kragpaal en kragdrade) is ook in die proses beskadig, en hang vanaf die kragpale langsaan en op die skoolheining by die B-veld.

’n Kragpaal en drade steun op die skool se palisades. Foto | Wayne van der Walt
Kabels hang van die kragpale op die sypaadjie. Foto | Wayne van der Walt

Dit kan moontlik ‘n veiligheidsrisiko vir voetgangers wat op die sypaadjie loop inhou, en daarom word hulle aangemoedig om ekstra waaksaam te wees in die omgewing.

Theo Craven van die South African Community Crime Watch WhatsApp-groep het motoriste vriendelik versoek om alternatiewe roetes te neem om sodanig ’n bottelnek te vermy.

Hy het vir almal se samewerking gevra, om verskoning vir die ongerief, en sy hoop uitgespreek dat die verkeersafdeling iets kan doen rondom vragmotors wat in die dorp ry.

Die vragmotor se kompartement het op die sypaadjie te lande gekom nadat dit omgekantel het. Foto | Wayne van der Walt
Een baan is heeltemal versper. Foto | Wayne van der Walt
Die vragmotor het sy vrag op die sypaadjie langs Laerskool JJ van der Merwe se B-veld verloor. Foto | Wayne van der Walt

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button