Local news

AfriForum waarsku en gee wenke vir hittegolftoestande

Voorsorg moet veral getref word vir bejaardes, kinders en troeteldiere tydens ’n hittegolf.

ERMELO – Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdienste word hittegolftoestande verwag vir die sentrale en oostelike gebiede van Suid-Afrika tot die naweek, 17 Februarie, toe.

AfriForum het onlangs ’n persverklaring uitgereik waarin hy teen hittegolftoestande waarsku oor dele van die land.

Hittegolwe verhoog die risiko vir veldbrande, met toestande wat ook gunstig vir wegholveldbrande is. Verder hou hierdie uitermatige warm toestande ook die gevaar in vir mense, veral bejaardes en kinders, om maklik te dehidreer.

AfriForum het ’n opsommende gids saamgestel oor hoe om gereed te wees wanneer die omgewing waarin jy is, deur ’n hittegolf geteister word.

Tydens ’n hittegolf is dit veral belangrik dat daar voorsorg getref word vir bejaardes, kinders en troeteldiere. Foto | Argiewe/Wayne van der Walt

Dit sluit onder andere in hoe om voorsorg te tref vir hierdie uiterste hitte, sowel as wenke op oorlewing tydens en ná ’n hittegolf.

Van die wenke sluit in om nooit enige volwassenes, kinders en troeteldiere in voertuie te los nie, om ligte kleure en katoenklere aan te trek, om gereeld ’n koue stort of bad te neem om jou liggaamstemperatuur af te bring, om gereeld en genoegsame water en elektroliete in te neem, en om – indien moontlik – enige oefening of werk in die middel van die dag se hitte te vermy.

“Tydens ’n hittegolf is dit veral belangrik dat daar voorsorg getref word vir bejaardes, kinders en troeteldiere, soos om genoeg vloeistowwe te drink en uit die son uit te bly om hittekrampe, hitteuitputting of sonsteek te voorkom,” het Tarien Cooks, rampbestuurspesialis vir AfriForum, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button