Local news
Hoërskool Ermelo spog met interhoër naaswenners titel
Die Errie-atlete het 29 goue medaljes, 19 silwer en 20 brons medaljes ontvang.
Die Interhoër van 2024 wat op 17 Februarie by die Hoër Volkskool Heidelberg aangebied is, was ’n reusesukses vir Hoërskool Ermelo.
Nie net het die atlete uitstekende atletiek gelewer en met goeie uitslae weggestap nie, maar die gees, dissipline en styl van Hoërskool Ermelo se leerders was opmerklik.
SIEN OOK: GALERY – Hoërskool Ermelo ryg die medaljes by Interhoër in
Uit die 68 medaljes ontvang is:
- 29 goud
- 19 silwer
- 20 brons

Uit die agt deelnemende skole, staan sake aan die einde van die dag as volg:
- Hoërskool Lydenburg
- Hoërskool Ermelo
- Hoër Volkskool Heidelberg
- Hoërskool Rob Ferreira
- Ligbron Akademie vir Tegnologie
- Middelburg Hoërskool
- HTS Witbank
- Hoërskool Oosterland

Die Erries se dogterspan eindig as wenners vir die dag en die individuele prestasies is as volg:
- Liané Cilliers ontvang die trofee vir beste junior langafstand dogter vir haar 800m met ’n tyd van 2:28:31.
- Mia Davel ontvang die toekenning vir die beste senior spronge dogter in hoogspring met ’n hoogte van 1.7m. Sy word ook aangewys as senior Victrix Ludorum.
- Esmari Kloppers word aangewys as beste senior langafstand dogter vir die 3000m met ’n tyd van 11:49:69.
- Elizma Swart is die dag se beste senior worpe (dogter) vir gewigstoot. Sy verbeter die rekord van 12.53 na 13.63m.
- Mnqobi Mabuza is aangewys as die beste junior langafstand seun vir 3000m. Hy verbeter die rekord van 10:11:80 na 9:43:22.
- Kryn Romijn ontvang die toekenning vir die beste senior naelloper seun vir sy 400m met ’n tyd van 48:50. Hy is ook aangewys as die senior Victor Ludorum.
“Die geleentheid was vir die Erries van onskatbare waarde en ons dank gaan uit aan elke afrigter en atleet wat deur die seisoen voluit gewerk het om hierdie prestasies te kon bereik,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



