Local news

Ermelo-stoeiers presteer by opekampioenskap

Die stoeiers het hulle goed van hul taak gekwyt en 10 medaljes huis toe gebring.

Verskeie stoeiers van Ermelo Stoeiklub het onlangs aan die Ekurhuleni Opestoeikampioenskap deelgeneem.

Die stoeiers het hulle goed van hul taak gekwyt en 10 medaljes huis toe gebring.

Reghardt van Niekerk, die hoofafrigter, het die stoeiers gelukgewens met hul prestasies en ook al die afrigters, spanbestuurder en beamptes vir hul harde werk bedank.

Marnus Smith. Foto | Ermelo Stoeiklub

Die stoeiers het die volgende medaljes behaal:

• AJ van Niekerk: silwer
• Wyand van der Westhuizen: silwer
• Zack Fourie: silwer
• Juard Bisschoff: silwer
• Ruben Bisschoff: silwer
• WP Human: silwer en brons
• Teghan Breytenbach: brons
• Kyle Breytenbach: brons
• Marnus Smith: brons
• David de Wet – twee vierde plekke

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button