Local news

Ermelo Athletic Club bied 4-in-1-marathon aan

Die marathon het bestaan uit vier afstande: 4,9 km, 10 km, 21,1 km en 42,2 km.

Marathonatlete van verskeie klubs en dié wat nie aan klubs behoort nie het die afgelope naweek aan die Highveld 4-in-1-marathon, wat deur die Ermelo Athletic Club aangebied is, deelgeneem.

Die marathon het bestaan uit vier afstande: 4,9 km, 10 km, 21,1 km en 42,2 km.

’n Marathonatleet voel vere vir die koue en koel homself so ’n bietjie af. Foto | Wayne van der Walt

Die resultate is soos volg:

10 km

Mansopeafdeling

1. Jusa Ndhlamanga – 35:30

2. Tebogo Molefe – 35:39

3. Professor Mthethwa – 36:08

Vroueopeafdeling

1. Geraldine van Dyk – 46:20

2. Ziphindile Dlamini – 46:50

3. Anzelle Vorster – 56:11

Motsa Monyebodi van Shalom Marathonklub. Foto | Wayne van der Walt

Mans, juniors:

1. Tebogo Molefo – 35:39

21,1 km

Mansopeafdeling

1. Graham Malinga – 1:15:12

2. Nhlanhla Mabusa – 1:15:31

3. Mxolise Madloka – 1:17:55

Vroueopeafdeling

1. Annika Prinsloo – 1:42:52

2. Inge Visser – 1:54:07

3. Helene Coetzer – 1:54:32

Bongi Ka Dube van die Gert Sibande Distriksmunisipaliteit is slaggereed om aan die marathon deel te neem.

42,2 km

Mansopeafdeling

1. Lindokhuhle Menyuka – 3:16:12

2. Ayanda Dlamini – 3:18:14

3. Themba Nkosi – 3:32:49

Vroueopeafdeling

1. Eunice Nhlapho – 3:38:34

2. Belinda Ludike – 3:58:34

3. Meintjie Jansen – 4:11:28

Marathonatlete van die Shalom Marathonklub voor die wedloop begin. Foto’s | Wayne van der Walt

Op die plaaslike front was hierdie die beste tye deur atlete van Shalom Marathonklub: Rhulani Mabunda met ‘n tyd van 56:17 in die 10 km, Madoda Nkosi met ‘n tyd van 02:29:25 in die 21,1 km, en Vusumuzi Nhlapho met ‘n tyd van 04:10:59 in die 42,2 km.

Vir die Ermelo Athletics Club het Corneels Beukes ‘n eerste plek in die 50+-afdeling met ‘n tyd van 44:36 in die 10 km-wedloop losgehardloop.

Corneels Beukes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button