Local news

Ermelo-fotograwe geniet klubaand

Die vasgestelde onderwerp vir Mei was panoramiese beelde, en die lede het uit hulle pad gegaan om pragtige foto’s daarvoor in te skryf.

ERMELO – Ermelo Fotoklub se lede het op 10 Mei hul maandelikse klubaand aangebied.

Die vasgestelde onderwerp vir Mei was panoramiese beelde, en die lede het uit hulle pad gegaan om pragtige foto’s daarvoor in te skryf.

Marcel Kruger se ‘Rainy Mountains’ het die juniorafdeling gewen, en Jacques Kruger se ‘Mos op die rotse’ die seniorafdeling.

In die opeafdeling is JW Koekemoer se foto, ‘Mirror Image’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

Bianca Breytenbach se ‘Fearless’ was die wenner in die 2-sterafdeling.

Sien al die foto’s: HIER

Die wenner van die 3-sterafdeling was Annise Smit met ‘Kallie’. Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.

In die 4-sterafdeling het Johan Pieters se ‘Gevlekte ooruil’ gewen, en Hardus Pieters se ‘Leopard Crawl’ het die 5-sterafdeling gewen.

Pieters se foto is ook as die algehele seniorwenner aangewys.

Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe aan om hulle vermoëns te slyp. Hulle volgende byeenkoms sal op 7 Junie plaasvind.

Indien jy wil aansluit, stuur ’n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button