Local news
Ermelo stoeiers presteer by opestoeikampioenskap
Die stoeiers spog met een goue medalje, twee brons medaljes en vier vierde plekke.
Die stoeiers van Ermelo Stoeiklub het op 1 Junie aan die Sentraal Gauteng se opestoeikampioenskap deelgeneem.
Ermelo het 12 inskrywings gehad en het sewe plekke behaal.
Die stoeiers spog met een goue medalje, twee brons medaljes en vier vierde plekke.
Die deelnemers se uitslae is:
• Lohan van Niekerk – goud
• Kyle Breytenbach – brons en ’n vierde plek
• Wynand van der Westhuizen – brons
• Willem Landman – vierde
• Du Toit Landman – vierde
• AJ van Niekerk – vierde.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



