Local news

Jannie Breytenbach onthou vir sy omgee en liefde

Sy roudiens het op 21 Junie plaasgevind.

ERMELO – Jannie Breytenbach het op 13 Junie sy stryd teen kanker verloor en laat ‘n groot leemte agter.

Volgens sy kinders was hy ‘n omgeemens wat nooit gehuiwer het om ander te help nie.

“Ons pa was altyd gereed met raad en was die beste man, pa en oupa. Woorde is te min om hom te beskryf,” het hulle gesê.

Jannie was lief daarvoor om na sy gesin om te sien en het nooit nee gesê vir die kans om saam met sy familie en vriende te kuier nie.

Van die lesse wat sy kinders altyd van hom sal onthou is dat hy hulle altyd aangemoedig het om nie bang te wees om ‘n vraag te vra nie, en om altyd in hul Skepper te glo.

Jannie Breytenbach. Foto | Verskaf/Elzaan Myburgh

Vir hom was sy vrou, kinders, kleinkinders en ‘n goeie geleerdheid altyd die belangrikste.

Sy kinders sê dat hy die tipe pa was wat streng was om sy kinders goeie maniere te leer, maar hy was ook altyd reg om pret saam met hulle te hê en op die beddens te spring en stories te vertel.

Sy roudiens het op 21 Junie vanuit die PPL Ligkruis-bediening plaasgevind.

Hy laat sy vrou, kinders, skoonseun en kleinkinders agter.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button