Local news

Suid-Afrika se a-pokke gevalle styg tot 16

Alle bevestigde gevalle is mans tussen die ouderdomme van 23 en 43.

Die Departement van Gesondheid het drie bykomende gevalle van a-pokke en een nuwe dood bevestig terwyl pogings om die verspreiding van die siekte landwyd te voorkom, voortduur.

Die onlangse gevalle sluit ‘n 40-jarige man van Ladysmith, KwaZulu-Natal in, wat ‘n uitslag oor sy hele liggaam getoon het. Hy is tuis oorlede, en sy a-pokke-diagnose is op 23 Junie bevestig.

Nóg twee gevalle geïdentifiseer:

‘n 43-jarige man wat op 22 Junie by ‘n privaat gesondheidsfasiliteit in Johannesburg gediagnoseer is, en ‘n 29-jarige man wat op 21 Junie by ‘n Mamelodi gesondheidsfasiliteit gediagnoseer is.

Geen van hulle het ‘n geskiedenis van internasionale reise nie.

Hierdie nuwe gevalle bring die totale aantal laboratorium-bevestigde a-pokke-gevalle in Suid-Afrika tot 16 sedert die aanvang van die uitbraak in Mei 2024 begin het.

Die verdeling sluit agt gevalle in KwaZulu-Natal, sewe in Gauteng, en een in die Wes-Kaap in.

Alle bevestigde gevalle is mans tussen die ouderdomme van 23 en 43. Die dodetal het nou tot drie gestyg.

Hantering van oorledenes se oorskot

In reaksie op die uitbreking voer die Departement van Gesondheid, in samewerking met provinsiale owerhede en ander belanghebbendes, gesondheidsvoorligtingsprogramme by begrafnisondernemings oor hoe om menslike oorskot van individue wat weens vermoedelike of bevestigde a-pokke oorlede is, te hanteer.

Geen reis- of inperkingsplanne

Die departement het die publiek gerusgestel dat daar geen huidige planne is vir reisbeperkings of inperking weens die a-pokke-uitbreking nie, aangesien die Wêreldgesondheidsorganisasie nie sulke maatreëls aanbeveel het nie.

Reisigers van a-pokke-endemiese streke word egter aangeraai om mediese hulp te soek as hulle ongesteld voel en om gesondheidsbeamptes oor hul reisgeskiedenis in te lig vir toepaslike kliniese leiding.

Die departement versoek individue, families en gemeenskappe om enigeen wat a-pokke-simptome ervaar aan te moedig om onmiddellik mediese hulp by die naaste gesondheidsfasiliteit te soek vir behoorlike sifting en diagnose, eerder as om selfdiagnose of oor-die-toonbank medikasie te gebruik.

A-pokke is voorkombaar

A-pokke is voorkombaar en hanteerbaar, met behandelings beskikbaar vir beide ligte en ernstige gevalle.

Hoërisikogroepe sluit individue met chroniese toestande soos MIV, TB en diabetes in.

Die departement beklemtoon dat enigiemand a-pokke kan opdoen, ongeag ouderdom, geslag, seksuele oriëntasie of ras.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button