WP Human deel van die room van Suid-Afrikaanse stoeiers
Ondanks ’n skouerbesering kort voor die kampioenskap, kon hy steeds sy droom bewaarheid.

WP Human van die Ermelo Stoeiklub het onlangs sy droom om ’n Suid-Afrikaanse stoeikampioen te word, bewaarheid.
Dié goue medalje het egter nie net in sy skoot geval nie. Hy vertel hy het maande se harde werk ingesit om goud te behaal.
WP het op die ouderdom van vyf reeds begin stoei, en het sy liefde vir dié sport van sy pa, ook self ’n kranige stoeier, gekry.
Hy geniet die uitdaging wat die sport aan hom bied, en ook die geleentehede om na verskeie plekke te reis om aan toernooie deel te neem.

Voor die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Brakpan, het hy vir sowat drie maande vier dae ’n week geoefen om homself in die beste moontlike fisiese en geestelike vorm te kry.
Hy het ook ’n strawwe provinsiale oefenkamp bygewoon, waar die stoeiers se fiksheid getoets was en verskeie afrigters van die stoeiverening raad oorgedra het.
’n Skouerbesering kort voor die kampioenskap het hom nie ondergekry nie, maar eerder harder laat werk om sy doel te bereik.
“Om ’n medalje op Suid-Afrikaanse vlak te behaal is ’n uiterse moeilike taak, omdat al die stoeiers ewe veel voorbereid is en almal is ingesteld op wat dit alles verg,” het hy gesê.
Maak seker om die volledige berig in Hoëvelder te lees.