Local news

Familie wag steeds op antwoorde ná val-voorval by SAVF Huis Ermelo

Die familie van Solomon Dique deel ’n hartroerende opdatering, terwyl nuwe klagtes oor sorg en kos by SAVF Huis Ermelo ondersoek word.

ERMELO – Die familie van die 85-jarige Solomon Dique het ’n nuwe, hartroerende opdatering gegee oor sy toestand ná die aangrypende voorval by SAVF Huis Ermelo, waarin hy onlangs vir ure op die vloer gelos is ná ’n val in die verswaktesorgeenheid.


Ernstige beserings en gesondheidskomplikasies

Oorspronklik is sy heup suksesvol vervang deur dr. Karl Strauss.

Voor die operasie het dit volgens die familie, vyf dae geneem om sy toestand te stabiliseer. Ten tyde van die val is berig dat hy sy arm gebreek, sy heup gekraak en ribbesbeserings opgedoen het.

Aanvanklik is beplan dat hy vir 14 dae na die operasie in ’n rehabilitasiesentrum sou wees en dat 24/7 gespesialiseerde sorg vir sy herstel benodig sou word.

Volgens familielid Marelize Kirk het dit egter duidelik geword dat sy heup op twee plekke gebreek was, en dat sy liggaam te swak is vir rehabilitasie.

Daar is besluit om hom nou na palliatiewe sorg oor te plaas en hy word permanent aan suurstof verbind.

“Ons harte bloei om oupa so te sien,” sê Kirk. “As gevolg van sy Dementia raak hy soms bang en vreesbevange in vreemde omgewings.”


Onsekerheid oor kostes en verslagdoening

Die familie sê Project Hope bied tans ondersteuning met mediese uitgawes, maar daar is nog geen duidelikheid of SAVF enige koste gaan dek nie.

Hulle het slegs ’n tydlyn van die voorval ontvang en nie ’n volledige professionele verpleegkundige-insidentverslag nie.

Verder sê die familie dat hulle net in kontak was met SAVF-verteenwoordigers en nie met die personeellede wat by die voorval betrokke was nie.

Hulle weet ook nie of die geskorsde personeel steeds betaal word nie.

Die familie verwys na vorige voorvalle by SAVF Huis Ermelo, insluitend ’n val van Dique se vrou tydens ’n brandoefening in 2024 en insidente waarin hy self probeer het om uit die tehuis te ontsnap.

Hierdie klagtes is intern hanteer en nooit aan die Departement van Sosiale Ontwikkeling (DSD) gerapporteer nie.


SAVF se reaksie

In ’n verklaring aan die Hoëvelder sê SAVF dat sekere prosedures “nie konsekwent toegepas is” nie en dat personeel reeds aan verfrissingsopleiding onderwerp is.

Hulle beklemtoon dat verslagdoening in lyn is met DSD-vereistes en dat prosesse saam met die Departement verbeter sal word.

Die SAVF het verder gesê dat:

  • Videomateriaal dui op nakoming op die dag van die voorval rakende roetines soos bad en kleredrag.

  • Noodprotokolle sal versterk word.

  • ’n Nuwe waarnemende bestuurder, Johan Schlebusch, is aangestel.

  • Enige sake rakende ondersteuning, insluitend finansiële oorwegings, word na die bestuursstrukture verwys vir hersiening en billike oorweging.

Steeds onbeantwoorde vrae

Die Hoëvelder het opvolgvrae aan SAVF gestuur, onder meer:

  • Waarom is Mr Dedric Coetzee, SAVF Huis Ermelo-bestuurder, eers die volgende oggend tydens ’n vergadering van 07:30 ingelig oor mnr. Dique se val, en hoe strook dit met DSD se nood- en kommunikasieprotokolle?

  • Waarom is vorige ernstige voorvalle, insluitend ander val- en beseringsinsidente, nie aan die Departement van Sosiale Ontwikkeling gerapporteer nie?

  • Hoe word die veiligheid en welstand van inwoners verseker as noodprotokolle nie onmiddellik geaktiveer word nie?

Hoëvelder het verskeie ander vrae aan Maria Scholtz, hoof van bemarking gestuur en wag op terugvoer.


Verdere kwessies by die fasiliteit

Na afloop van die insident het verdere bewerings aan die lig gekom, wat die algehele sorgkwaliteit by SAVF Huis Ermelo betref.

Die reaksie van SAVF op hierdie kwessies is ook ingesluit:

  • Maaltydpor­sies en voedingsstandaarde: Juliette Basson ‘n lid van die parlement vir die Patriotic Alliance het melding gemaak dat inwoners onvoldoende porsies ontvang en foto’s van ’n ontbyt aangestuur om te wys hoe klein die porsies is.

    SAVF se verklaring: “Alle spyskaarte word deur die maatskappy se dieetkundige goedgekeur om voedingsvereistes te verseker. Die toesighouer op die perseel verseker dat porsies volgens die ooreengekome spyskaart voorsien word. Ons sal onmiddellik die porsies en aanbieding vir verswaktesorgeenheid hersien om dit in lyn te bring met maatskappystandaarde.”

’n Vergelyking van twee borde kos.
’n Groot gaping tussen wat beweer word uitgestuur is, en wat inwoners glo ontvang het, plaas SAVF Huis Ermelo onder skerp kritiek.

Verhuring van fasiliteit en lawaaierige funksies: Op 29 Augustus is die saal aan die Departement van Gesondheid verhuur vir ’n Vrouemaand-funksie met harde musiek, sing en dans. SAVF se reaksie: “Die funksie het nie aan die huisreëls van die fasiliteit voldoen nie en is aan bestuur gerapporteer. Die verhuring van die saal maak deel uit van ekstra fondsinsameling, maar die verhuurbeleid sal nou heroorweeg word.”

  • Verbale misbruik: Daar is beweer dat ’n spysenierspersoneellid met ’n 60-jarige inwoner gestry het met die woorde “ag f*k man”. SAVF sê: “Ons is nie bewus van hierdie insident nie en dit is nie aan bestuur op die perseel gekommunikeer nie. Ons sal die bewering ondersoek en interne prosesse toepas om dit aan te spreek.”

  • Bestuurswisseling: Johan Schlebusch is aangestel as waarnemende bestuurder van SAVF Huis Ermelo. SAVF sê hulle kyk uit daarna om in samewerking met inwoners, familie, vrywilligers en gemeenskapslede dienslewering te verbeter.


Familie se boodskap

Die familie se hoofdoel is om geregtigheid vir mnr. Dique en ander bejaardes by die fasiliteit te sien geskied. Ons glo dat ’n beroep op die publiek, sodat ’n nuwe diensbestuur verkies kan word, die regte stap is om die stem van ons bejaardes terug te gee,” sê Kirk.

Sy het ter afsluiting Levitikus 19:32 aangehaal: “Vir die gryshare moet jy opstaan, en persoon van ’n grys aard eer. En jy moet jou God vrees.”

Verwante SAVF-berigte

ALSO READ: VIDEO – Elderly man left untreated for hours after fall at SAVF Huis Ermelo

New acting manager appointed at SAVF Huis Ermelo, food concerns resurface

Controversy follows former SAVF Huis Ermelo manager to youth centre

Former SAVF Huis Ermelo day management chairman sounds alarm on fire safety at facility

How prepared is SAVF Huis Ermelo in case of a fire?

More questions than answers at SAVF Huis Ermelo

SAVF Huis Ermelo: Families speak out after allegations surface

SAVF Huis Ermelo denies all allegations against it


Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button